Ons storie, ons waardes, ons mense
Die kerk se boodskap kan nooit verander nie en word nooit verander sodat dit by mense aanpas nie. 'n Kerk wat egter nie by die omstandighede en situasie waarin hy is kan aanpas nie, sal nie lank oorleef nie.
Vir gelowiges kan daar geen sprake wees dat die kerk deur eie aksies, harde werk, slim planne of enige ander inspanning sy werk kan doen nie. Dit gaan oor mense wat God leer ken, bewus word van hulle sonde, dit met berou bely en dan die vreugde van vergifnis ervaar. Al die aksies van die gemeente moet hierop alleen gemik wees.
Vier Ankers het gou besef dat ons op 'n baie spesiale tyd van die wêreld en in ons land se geskiedenis geroep is om God se kerk te wees. Die uitdagings wat aan die kerk gestel word dwing die gemeente om nie saam met die wêreld moedeloos te raak nie, maar hoop te bly bring.
Deur gebede, veranderings, beplanning en 'n volgehoue verhouding met die Here, hoor die gemeente dat die Here deur Sy kerk op praktiese maniere in ons wêreld wil ingryp.
In die eerste plek wil die Here die gemeente gebruik vir die volgehoue groei van die lidmate wat getrou is en alreeds betrokke is. Ons fokus op drie kernvrae:
Met Matteus 11:25-30 as uitgangspunt, baseer ons ons bediening op hierdie vier eie waardes:
Almal wat uitgeput en oorlaai is is welkom. Stukkende sondaar mense moet by die gemeente iets ervaar van Jesus wat sagmoedig en nederig van hart is. Vreemdes moet tuis voel.
Ons help en ondersteun mekaar om van Jesus te leer sodat ons saam kan deel aan die rus wat Hy gee. Ons dra mekaar se laste en help mekaar om die jukke van die wêreld af te gooi.
Ons bou op die Skrif op 'n aktuele manier wat sin gee vir hirdi oomblik. Ons soek na God se genadige bedoeling vir ons, vir vandag, in die Bybel.
Met die doop en nagmaal vier ons die sekerheid van ons geloof. Ons prys die Vader oor Sy genade en liefde wat ons in 'n warm gemeenskap saambind.
Leraar
Passie vir bediening en gemeenskap.
Koster
Sorg vir ons kerk en terrein.